VOLHOUBAARHEID

Farmers [photo] 

Ontwikkelende boere

Omnia is sedert 2005 amptelik by ontwikkelingsprogramme vir opkomende boere, deur verskeie finansierings- en mentorskapinisiatiewe, betrokke. Die voorlopige plan was dat Omnia ‘n fondasie sal lê vir die ontwikkeling van suksesvolle toekomstige swart boere wat verteenwoordig word deur die huidige groep boere wat na kommersiële status toe sal vorder.

Die kunmismark in Suid-Afrika het vir die laaste 15 tot 20 jaar rondom twee miljoen ton per jaar verkoop. Indien kunsmisverbruik as gevolg van doeltreffende boerderystelses deur goeie verbouingstegnologieë verhoog, sal dit ‘n positiewe invloed op die sektor en ander industrieë daaraan verbonde inhoud. Die teenoorgestelde gebeur egter dikwels en is meer waarskynlik wanneer nuwe boerderybegunstigdes deur grondhervorming besit van landbougrond neem. Dit kan tot ‘n algemene onttrekking in belegging in die sektor aanleiding gee, veral deur groot produsente as gevolg van onsekerheid oor grondbesit. 

Dit is moeilik om die werklike daaropvolgende afname in gewasproduksie te versyfer, maar mislukte grondhervorming kan ‘n vreeslike invloed op die langtermyn voedselsekerheid in Suid-Afrika, en gevolglik ook op die kunsmisbedryf, hê. Ons strategie was sover om boere met voortdurende individuele ondersteuning en mentorskap op plaasvlak by te staan, wat hulle in staat stel om hulle besigheid te kan bedryf en om langtermyn, volhoubare groei moontlik te maak. Die ondersteuning wat gebied word sluit mentorskap en opleiding, begroting- en produksiebeplanning, insetfinansiering, graanmarkbystand en deurlopende “op-die-plaas” steun deur gereelde besoeke in.

Die sleutel tot Omnia se skema word in die Omnia Nutrilogie® besigheidsmodel, deur ons “voete-op-die-plaas”-benadering, vervat.

Vir verdere inligting, kontak Aron Kole Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  +27 (0)82 719 7208