VOLHOUBAARHEID

Fertilization [photo] 

Kunsmis en organiese boerdery

Organiese boerdery is ‘n benadering tot gewas en diereproduksie wat die gebruik van natuurlike insette bevorder om menslike gesondheid en die omgewing te bevoordeel. Die organiese stowwe wat in tipiese organiese kunsmis gevind word, soos dieremis en kompos, speel ‘n kritiese rol in grond- en plantgesondheid.

Dit is waarom alle goeie boerderypraktyke die gebruik van beskikbare organiese stowwe aanmoedig. Om egter net op hierdie organiese bronne van plantvoedingstowwe staat te maak, lei tot die volgende probleme:

  • Hoë volumes word benodig as gevolg van ‘n lae voedingstofinhoud.
  • Daar is dikwels ‘n tekort aan ‘n gereelde voorsiening en die voedingstofsamestelling is veranderlik.
  • Voedingstowwe is nie in balans nie, wat tot voedingstekorte en vergiftiging in gewasse kan lei.
  • Grond- en omgewingsreaksies is onvoorspelbaar.

Menige wetenskaplike studies het bewys dat ‘n kombinasie van anorganiese en organiese plantvoedingstofhulpbronne die meeste voordele inhou, aangesien dit beide grondvrugbaarheid en gewasopbrengs verbeter wanneer dit saam toegedien word. Die byvoeging van anorganiese kunsmis, en daaropvolgende hoër opbrengste, lei ook tot ‘n meer doeltreffende verbruik van ander beperkte hulpbronne soos landbougrond en water.

Beide die Internasionale Federasie van Organiese Landbou Bewegings (IFOAM) en die Codex Alimentarius (‘n FAO/WHO liggaam wat riglyne vir voedselprodukte daarstel) het die behoefte aan anorganiese kunsmis in organiese boerderystelsels erken. Om die waarheid te sê, die enigste aspek van die IFOAM en Codex vereistes wat nie deur kommersiële organiese kunsmis nagekom word nie, is aanvaarbare transformasieprosesse, wat stikstofkunsmis uitsluit, maar wat die gebruik van ‘n wye reeks ander anorganiese produkte toelaat. Daar is egter geen wetenskaplike regverdiging vir hierdie beperkings nie, en toegelate organiese kunsmisse is nie noodwendig veiliger nie.

Oor die algemeen word kunsmis en grondverbeteraars wat aan organiese boere verkoop word, nie aan dieselfde streng standaarde vir voedsel- en omgewingsveiligheid as anorganiese kunsmis onderwerp nie. Byvoorbeeld swaarmetaalbesoedeling is dikwels ‘n groter risiko in organiese as in anorganiese bronne. Anorganiese en organiese kunsmis behoort eintlik aan dieselfde standaarde onderwerp te word, aangesien die eienskappe van voedingstofprodukte meer belangrik as hul oorsprong is.

Vrae wat gereeld gevra word

  • Is anorganiese kunsmis kunsmatig?

    Nee, die grondstowwe wat gebruik word, kom in die natuur voor, onder andere atmosferiese stikstof en mineraal-afsettings van fosfor en kalium. Dit word slegs verwerk om dit meer beskikbaar vir plante te maak.

  • Hoe word plante deur anorganiese kunsmis beïnvloed?

    Plante neem voedingstowwe in hul anorganiese forms op! Organiese kunsmis moet eers deur chemiese reaksies in die grond gaan voordat dit deur plante gebruik kan word. Hierdie prosessse word deur ‘n wye reeks omgewingsfaktore beïnvloed, wat die beskikbaarheid van voedingstowwe uit organiese bronne hoogs onvoorspelbaar maak.

  • Is organiese kunsmis veiliger?

    Nie noodwendig nie. Beide organiese en anorganiese kunsmis kan grond en ekostelsels negatief beïnvloed indien dit nie korrek gebruik word nie. Organiese kunsmis dra verder ook die risiko dat dit menslike patogene (siektekieme) kan huisves.

  • Het ons anorganiese kunsmis nodig?

    Ja, navorsing het bewys dat vitamines en anti-oksidante laer in organies verboude gewasse is, heel moontlik as gevolg van die onvermoë van organiese bemestingsprogramme om in die gewas se voedingsbehoeftes te voldoen. Verder word anorganiese kunsmis benodig om ‘n groeiende wêreldbevolking te voed, soos wat landbougrond en water al hoe minder word.