PRODUKTE

Granular fertilizer [photo] 

Vloeibare kunsmis

Omnia kan met reg sê dat hulle die vader van vloeibare kunsmis in Afrika is. ‘n Volledige reeks vloeibare produkte, soortgelyk aan die korrelkunsmisreeks, word by ons strategies geplaaste vloeibare kunsmisaanlegte vervaardig.

Ons vloeibare kunsmisfabrieke en pakhuise is in belangrike boerdery-areas geleë sodat ons aflewering aan ons kliënte kan bespoedig.

Verhoog opbrengs met Omnia se vloeibare kunsmisreeks

Ons vloeibare produkte bevat die regte verhoudings ammonium, nitraat en ureum as stikstofbronne en is spesifiek aangepas om die behoeftes van die gewas en die produsent aan te spreek.

Die toedieners vir hierdie produkte word ten volle deur gekwalifiseerde tegnikuste gediens. Hierdie tegnikuste staan ook die boer by met die toediening. Vir die gerief van ons kliënt is breedwerpige uitstrooi-toedienings ook beskikbaar.