PRODUKTE

Plus products [photo] 

Spesialiteitsprodukte

Omnia se spesialiteitskunsmis is gevorderde produkte wat plantvoedingstowwe en bio-stimulante bevat om voedingstofdoeltreffendheid, gewasopbrengs en gehalte te verbeter.

Die produkte in hierdie reeks sluit wateroplosbare en vloeibare produkte in wat deur blaarbespuitings of sproeibemesting toegedien kan word. Dit bevat al die plantvoedingselemente in spesifieke verhoudings wat deur verskeie gewasse en groeistadiums vereis word.

Verhoogde opbrengs met Omnia se Spesialiteitsreeks

Omnia se nuwe reeks spesialiteitskunsmis (Custom-reeks) is ryk aan mikro-elemente, elisitore, biostimulante en ander voordelige voedingstowwe om agronomiese doeltreffendheid verder te verbeter.

OFOS

'n Reeks sagteware (OFOS) is deur Omnia ontwikkel om te help om die kwantifisering en toediening van die voedingselemente in die genoemde produkreeks, van hidroponies tot sproeibemesting, te optimaliseer.