PRODUKTE

Nutriology [photo] 

 

Produkte

Alle kunsmis is nie dieselfde nie. Wanneer dit by die vervaardiging van die perfekte kombinasie voedingstowwe kom, word die wetenskap agter elke korreltjie kunsmis duidelik. Ons kunsmis is nie net ‘n kwessie van verskillende grondstowwe deurmekaar meng nie.

Omnia se produkte is op omvattende navorsing gebaseer; nie net in die laboratorium nie, maar ook met praktiese, op-die-plaas navorsing, wat die behoeftes van ons kliënte aanspreek. Elke produk is volgens die hoogste standaarde vervaardig en aan uitgebreide gehaltetoetse onderwerp voordat dit ons kliënte op die plaas bereik.

Alle produkte gaan gepaard met kundige agronomiese aanbevelings om die doeltreffende en koste-effektiewe toediening daarvan te verseker.

Waarom enigsins kunsmis gebruik?

Die maklike antwoord is om die opbrengspotensiaal van ‘n gewas te verhoog, maar dit is nie die enigste rede nie.

Het jy geweet dat die gebruik van te min of geen kunsmis een van die hoof redes vir omgewings-agteruitgang is? Gedurende die oesproses word die voedingselemente in die grond verwyder en, indien dit nie vervang word nie, word hierdie voedingstowwe in die grond uitgeput. Dit het ‘n groot impak op plantegroei in die seisoene wat volg.

Wanneer gewasse die regte voedingselemente ontvang, word hoër opbrengste verkry, wat beteken dat minder landbougrond gebruik hoef te word om die nodige opbrengste te kry. Met ander woorde, die gebruik van kunsmis verhoog die grond se produktiwiteit en verminder dus ontbossing.

Kunsmis dra ook tot die doeltreffende verbruik van water by. Waar dit min reën of waar gewasse besproei word, kan die toediening van die regte kunsmis die opbrengs per eenheid water verbruik meer as verdubbel en die worteldiepte van die gewas verhoog. Die worteldiepte lei tot ‘n gesonder gewas wat meer droogtebestand is.