MEER
OOR ONS

Facilities [photo] 

 

Ons aanlegte

Ons produksie-aanlegte in Suid-Afrika is in Rustenburg, Hectorspruit, Dryden, Wesselsbron, Daniëlsrus, Brackenfell, Cato Ridge en Sasolburg geleë. Daar is ook agt vloeibare kunsmis-aanlegte in die land. Die salpetersuuraanleg is in Sasolburg geleë en sluit ‘n ammoniumnitraat / kalsiumnitraataanleg, twee salpetersuur / ammoniumnitraataanlegte, ‘n poreuse ammoniumnitraat (PGAN), verkorrelingsaanlegte en ‘n nitrofosaanleg in, om net ‘n paar te noem.

Die aanleg sluit verskeie glashuise vir Navorsing en Ontwikkeling in, asook die Chemtech groep laboratoriums, ’n versakkings- en verpakkingsarm en ‘n vloot ammoniak spoortenkers.

Internasionaal het ons twee vermengingsaanlegte in Afrika, een in Beira (Mosambiek) en die ander in Banket (Zimbabwe). Ons beskik ook oor ‘n humaataanleg in Australië wat ons kliënte met die Australiese humaatreeks bedien.