MEER
OOR ONS

Offices [photo] 

Meer oor ons

By Omnia deel ons ‘n passie met ons kliënte: ‘n passie om dinge te sien groei. Dit is waarom ons Nutrilogie®, die wetenskap vir groei, ontwikkel het.

Hierdie passie sluit nie net plante in nie, maar ook ons mense, ons besigheid en ons kliënte se winsgewendheid. Daarom belê ons aansienlik in navorsing, ontwikkeling en ingenieurswese, om kunsmis van die hoogste standaard te vervaardig, wat ons uiteindelik toelaat om hierdie passie van ons te verwesenlik.

Ons gaan verder as net gewasvoeding wat die toediening van stikstof (N), fosfor (P) en kalium (K) behels. Grond en plante word ontleed om vas te stel watter elemente benodig word om opbrengs vir ons kliënte te verhoog, terwyl hul risiko verminder word, “waterverbruiks-doeltreffendheid” te verbeter en verminderde opbrengs as gevolg van tekortsimptome uit te skakel, om slegs ‘n paar te noem. Deur hierdie elemente doelmatig te ontleed en volgens hul optimale vlakke reg te stel, kan ons kliënte verseker wees dat hul gewasse die beste kans het om hul volle potensiaal te bereik. Hierdie dienste help die boer om sy boerdery-risiko te bestuur.