INLIGTINGSENTRUM

Liquid fertilizer [photo] 

Die toenemende behoefte aan meer effektiewe uitsette met die minste moontlike insette, bly vir die moderne boer ‘n belangrike uitdaging. Die groot dryf agter tegnologie in boerdery en gevorderde plaastoerusting is om boerdery al hoe makliker en meer effektief te maak. Wanneer die klem op bemesting val, is die balans tussen kostedoeltreffendheid en gerieflikheid uiters belangrik.


Vir baie jare vra boere al hierdie vraag en baseer hul voorkeur vir vloeibaar of korrelkunsmis op baie spesifieke redes. Die tipe toerusting op die plaas is gewoonlik die hoof dryfveer. As die boer net planters het wat vir vloeibare kunsmis toegerus is, sal dit sy primêre keuse bly.


Daar word dikwels beweer dat vloeibare kunsmis maklik loog. Om vas te stel of daar enige waarheid hierin steek, moet bepaal word watter grondstowwe gebruik is.