INLIGTINGSENTRUM

Oranges [photo] 

Spesialiteitsprodukte

Gehalte produkte bevoordeel koringopbrengs

Deur Terry Jones (Tegniese Verkoopsverteenwoordiger) en Marcel Heine (Landboukundige: KwaZulu-Natal Besigheidseenheid)

Winterton besproeingsboer, Leon Wortmann van Lew Farming cc, het hierdie afgelope seisoen ‘n goeie koringopbrengs gehad nadat hy die raad van die Omnia-span gevolg het. Terry en Marcel het gedeelde stikstoftoedienings (N) en die spuit van OMNIBOOST® voorgestel.

Op die 80 hektaar koring onder besproeiing is ‘n gemiddeld van 7.4 ton behaal, ten spyte van rypskade op sekere dele van die gewas gedurende graanontwikkeling. Die beste deel van die een spilpunt het 9.4 ton gemiddeld behaal, terwyl vlakker gronde op dieselfde spilpunt 8.1 t/ha opgelewer het. ‘n Gemiddeld van 6.4 t/ha is op die rypbeskadigde spilpunt geoes. Al die graan het ‘n B1-gradering gehad met’n gemiddelde proteïen-inhoud van 13.4%.

In totaal is 180 kg/ha N toegedien – 18 kg met plant en 162 kg wat met twee topbemestings toegedien is. Die topbemestings is in ‘n 60:40 verhouding verdeel, waarvan 97 kg/ha N by stoel en 65 kg/ha by vlagblaarstadium gegee is.

OMNIBOOST® is teen 3 kg/ha net na stoel gespuit, met ‘n verdere 1 kg/ha by vlagblaarstadium. ‘n Kontrole-area onder een spilpunt het geen OMNIBOOST® gekry nie. In hierdie area was daar ‘n gemiddeld van 43 korrels per aar in vergelyking met die 68 van die ander koring. Hierdie produk is bekend daarvoor dat dit opbrengs verhoog, veral na rypskade.

Leon was baie in sy skik met die resultate wat behaal is en het Omnia bedank vir hul advies en toewyding die afgelope seisoen.