INLIGTINGSENTRUM

Chemically granulated fertilizer [photo] 

Chemies verkorreld

Ammoniumtoksisiteit

Ammoniumtoksisiteit beskadig plantwortels en watergeleidingsweefsel (xileem). Wanneer die xileem inval en wortels beskadig word, beperk dit wateropname wat tot verlepping en belemmerde groei lei.

Sommige plante kan doodgaan en die bemarkbaarheid van oorlewende plante word negatief beïnvloed. Verder kan vrye ammonium die ontkieming van saad verminder.

Ammoniumnitraat-gebaseerde kunsmis veroorsaak nie ammoniumtoksisiteit in grane nie, maar dit is ‘n sterk moontlikheid met die gebruik van ureum.


Met vergunning van Plant Physiology and Agrobiology Research Group

Terwyl ertjieplante ammoniumvoeding verdra, het spinasieplante wat ammonium gekry het, opgehou om nuwe groeivormende knoppies te maak (c)