DIENSTE

Free living nematodes [photo] 

OmniBio™

Die bestuur van die biologiese lewe in die grond begin met 'n OmniBio™ ontleding. Dit bied aan die boer 'n gewasspesifieke voorstel wat op die vernaamste biologiese aanwysers in die grond fokus. Indien 'n OmniBio™-ontleding tekorte in bakterieë of swamme uitwys, is daar spesifieke produkte beskikbaar wat die balans kan herstel.

Verminder risiko met 'n OmniBio™-ontleding

Hierdie produkte voorsien 'n voedselbron wat inherente mikrobiese aktiwiteit aanvuur en die balans in bakteriese en swambevolkings herstel. Waar daar wanbalanse in hierdie mikrobiese groepe voorkom, kan patogeniese mikro-organismes die grond oorheers en plantstremming en –siektes veroorsaak. 'n Gesonde mikrobiese balans plaas bevolkingsdruk op dié patogene, en lei tot 'n meer onderdrukkende grond vir 'n gesonder gewas. Die graad van verbetering hang van die grond se toestand voor behandeling, sowel as die voorgeskrewe OmniBio™ toedieningspeile van die produk af.